Goeie dreinering deurslaggewend vir beter opbrengste

Artiekel deur Dr NEIL MILES en Dr NEIL LECLER – LANDBOUWEEKBLAD 10/06/2021

“BOERE en hul raadgewers is voortdurend op soek na ‘n produk of bestuurspraktyk wat ‘n omwenteling in produk­sie sal meebring – met ander woorde, ‘n wondermiddel of kitsoplossing. Dit gebeur egter selde. Soos al voorheen in hierdie rubriek genoem is, dit is sonder uitsondering die doeltreffender bestuur van die hele reeks beheerbare plantgroeifaktore wat topboere van gemiddelde boere onderskei.
As ‘n mens egter gevra word om die een produksie-inset of bestuurspraktyk uit te sonder wat die naaste aan ‘n kitsoplossing is, wat sal dit wees? Stikstofbestuur, die regstel van grondsuurheid, die verhoging van die hoeveelheid organiese materiaal in die grond, mikrovoedingstowwe … ? Nee, nie een hiervan nie. Ons sal ons geld op die verbetering van gronddreinering verwed.”

  • Meer as 30% van besproeiingsgrond wereldwyd qaan agteruit weens swak dreinering – en die syfer kan teen 2050 tot 50% styg.
  • Dit is veral ‘n probleem by weiding vir melkkoeie.
  • Buiten dat opbrengste verlaaq, steek dit ook ‘n stokkie voor die toepassing van beter bestuurspraktyke wat grondkoolstof opbou en grondgesondheid bevorder.

“Die enigste doeltreffende kitsoplossing ter wereld is kitspoeding, en dit kom ook nie die mas op nie. Vir grondbestuurspraktyke is daar ook nie ‘n kitskuur nie. As jy wel een regstelling moet doen, is dit om gronddreining te verbeter.”

SOORTE DREINERINGSPROBLEME EN HUL IMPAK OP OPBRENGS
“Dreineringsprobleme kan op die grondop­pervlak of daaronder voorkom, en is geen­sins tot besproeiingsgrond beperk nie. Oes­verliese weens die opdamming van water op die oppervlak kan selfs erger wees as die, weens hoe watertafels. Verliese weens opdamming (versuipte grond) word onder meer veroorsaak deur ‘n totale gebrek aan suurstof en, tydens besproeiing, toenemende soutvlakke, met soute wat gekonsentreerd raak in die opgedamde gebiede na die verdamping van die water.”

WAT IS DIE OPLOSSING?
“Soos genoem, bestaan die neiging om dreine­ringsprobleme te ignoreer van wee die moeite en koste om dit reg te stel. Die goeie nuus is egter dat kostedoeltreffende tegnologie om landerye te dreineer, onlangs ontwikkel is.
In ‘n volgende artikel sal aandag gegee word aan verskeie van hierdie tegnologiese hulpmiddels, wat die potensiaal het om die situasie heeltemal te verander.”

Vir die vol artikel sien LANDBOUWEEKBLAD 10/06/2021.
Vir meer inligting skakel AGRI DRAINAGE by +27 79 503 0436
of epos stephan@agridrainage.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.