Agri Drainage Het Raad Met Water

Agri Drainage is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat spesialiseer in die bestuur van grondwater in die landbou-sektor. Ons het uitgebreide ondervinding in die ontwerp en installering van ondergrondse dreinering, landnivellering en presisieboerdery. 

Agri Drainage is tans die enigste maatskappy in Suid-Afrika met die toerusting en ondervinding om ondergrondse dreinering te installeer volgens die standaarde van die VSA se departement van landbou-ingenieurswese. Ons gebruik moderne toerusting, insluitend die nuutste ontwerp in “tile plow” en Trimble RTK GPS-beheerstelsels, met ‘n akkuraatheid van minder as 2 cm. Alle dreineringstelselontwerpe word gedoen met gespesialiseerde programme. Die hele stelsel word ontleed vir ontwerpfoute voordat dit geïnstalleer word. Die stelsel word weer ontleed vir foute na voltooiing van installasie.

Waar het dit alles begin?

Die twee eienaars van Agri Drainage het self ook geboer en het gesamentlik boerdery-ondervinding van meer as 20 jaar. As boere het hulle opgemerk dat daar ‘n aansienlike toename in die opbrengste van gewasse was nadat daar ondergrondse dreinering geïnstalleer is. Maar die konvensionele metode vir die installering van ondergrondse dreinering was te duur en tydsaam. Hulle het toe die VSA besoek om te kyk na meer doeltreffende en koste-effektiewe ondergrondse dreinerings-metodes. Daar het hulle bevind dat die meeste dreineringstelsels in die VSA deur die “tile plow”-metode geïnstalleer word. Dit is getoets onder plaaslike omstandighede met behulp van dreineringspesialiste vanuit die VSA.

Agri Drainage het tot op datum meer as 300 000 m dreinering suksesvol geïnstalleer vir verskeie gewasse in wyd-uiteenlopende tipes grond regoor Suid-Afrika.

Hoekom Agri Drainage?

Ons bied ‘n volledige, een-stop-diens vir al jou waterbehoeftes. Dit sluit in die kartering van die area, ondergrondse en oppervlakdreinerings-ontwerpe, ondergrondse dreinering en GPS
“land leveling”. Deur die gebruik van ons stelsel kan jy die koste van die installering van ondergrondse dreinering met tot 80 persent verminder, in vergelyking met die konvensionele manier. Die proses is ‘n enkelbewerking en daar kan tot 30 hektaar per dag dreineer word.

Tegnologie

Ons gebruik die nuutste tegnologie in die ontwerp en installering van dreineringstelsels. Die “tile plow” wat ons gebruik vir die installasie van dreinering voldoen aan ISO-standaarde.

Voordele

  1. Hoër opbrengste en beter oesgehalte
  2. Beter en dieper wortelstelsels vir sterker plantvestig
  3. Beter deurlugting
  4. Verlaag stikstofverliese
  5. Verwyder gifstowwe en soute wat opbou in grond
  6. Eenmalige uitgawe

Agri Drainage is agente vir:

  1. Ronin, waarin ons ‘n spesialis diens bied vir die boer met die ondervinding in die gebruik van presisie toerusting en die intergrasie van verskillende fabrikate.
  2. DPI Plastics, vir die aankoop van al u PVC pyp behoeftes.
  3. Steinbauer Performance Chips, is ‘n spesialis kragvermeerderings stelsel vir landbou en industriele masjiene.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *